CULLINAN/RAYTON
* Dinsdae 09:00 – 12:00 (Rayton Geselshoekie)
Om ‘n gesonde selfbeeld te ontwikkel moet jy afsien van die gedagte wat ánder mense van jou dink en stip begin kyk na wat God van jou dink. (Rom 12:2 – “Julle moet nie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar dat God julle verander deur julle denke te vernuwe.”)
Sou u ‘n behoefte hê om met iemand te gesels, kom besoek Cecile Horn op Dinsdae 09:00 – 12:00 by die NG-gemeente Rayton se Gebedskamer of reël vir ‘n ander afspraak by 012 734 0526/083 263 8296.
* Sondae 07:30
Kom blaas die shofar (ramshoring) elke Sondagoggend saam met mede-gelowiges op die koppie in Koppiestraat, Cullinan. Die doel daarvan is om die opstanding van Christus te herdenk asook om mense te nooi om die eredienste by te woon. Vir navrae, skakel Dirk Mostert van die VEK Kruisweg Christen Sentrum by 083 653 1383
BRONKHORSTSPRUIT
* Saturday, 20 Augustus
All CPF Executive members, Sector Commanders of Sectors 1, 2 And 4, including their executive members are requested to attend the induction session at 11:00 at the Sizanani Auditorium. The MEC Office will be conducting this meeting. Enquiries Capt Sipho Zulu 013 932 9246. Your presence will be appreciated.
* Vrydag, 26 Augustus
APK Gholfdag (BHSpruit gemeente). R250 per speler wat ‘n aandete by die klubhuis insluit. Nie-spelers kan ook kom saam eet teen R80 per persoon. Almal welkom. Besprekings en/of navrae kan gerig word aan Cassidy Toets by 082 826 9280 of Annetjie by 083 724 0923/013 932 4547. Almal baie welkom.
* Saturday, 27 Augustus
Homeless Animal Day at Wetnose Animal Rescue Centre (on old Pta-BHS road. opp De Leeuws Roses). Share your love and walk a homeless animal. Fun Dog shows, flea market and food stalls, beer tent and Big Screen TV on the menu. For more information phone 013 932 3941/2.
* Vrydag 2 - Sondag, 4 September
Kom luister saam met die VEK-gemeente Nuwe Lewe Aanbiddingstabernakel, Sonneblomstraat, Riamarpark na past Tienie Barrangé, VEK Noord-Streek Op-siener.
Vrydag, 2 September om 19:00 - Drie vlakke van geestelike groei
Saterdag, 3 September om 14:00 - Liggaamsmodel van Christus. Hierna volg die ligte ete, en om 18:00 behandel hy Leierskaponteikkeling. Bespreek asseblief vroegtydig vir die ete by die kerkkantoor.
Sondag, 4 September om 10:00 - Ker terug na My en 18:00 - Die Doop met die Heilige Gees.
Vir enige verdere navrae, skakel die kerkkantoor by tel 013 932 4410 of past Johan Nel 082 925 2045. Sien julle daar!
* Vrydag, 9 September
VEK Nuwe Lewe Aanbiddingstabernakel se IPS Gholfdag by die Bronkhorstspruit Gholfklub aan ten bate van die wit plakkerskamp by Cullinan. Deelname kan as volg geskied:
· Borg van afslaanbowwe/Borg van setperke : R1,000 elk
· Borg van pryse
· Donasies
· Spelers @ R250 per speler wat ‘n halfweghuis etekaartjie insluit.
Advertensies by geborgde bowwe en setperke is welkom. Bespreek en betaal asseblief vroegtydig. Besprekings kan gedoen word by die kerkkantoor tussen 09:00 – 13:00 (tel 013 932 4410 of 013 932 0810 na-ure), past Nel tel 082 925 2045, óf die Pro-Shop 013 935 1401.
Past Tienie Barrangé besoek Bronkies
DAAR is soveel belangstelling in past Tienie se besoek aan Bronkhorstspruit die naweek van 2-4 September, dat die VEK Nuwe Lewe Aanbiddingstabernakel dit goedgedink het om hierdie opleidingsessie met die tema "Jesus die antwoord" oop te stel vir ALLE belangstellendes. Die ete Saterdagmiddag is steeds ook gratis.
Vir volle besonderhede, kyk na ons "In ons kontrei" hier langsaan.
|